Weet wat is jou eiendom werd

Loading player...
Maak seker jou eiendom is korrek gewaardeer, waarsku Sakkie van Rooyen, 'n eiendomsagent by Pam Golding.
Inwoners van Mbombela-munisipaliteit het tot 31 Mei om kapsie aan te teken as hulle voel hul huise, sakepersele of plase is oorwaardeer op die munisipale waardasierol.
Dit sal vanaf 1 Julie vir die volgende vier jaar hul eiendomsbelasting bepaal.
25 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer.
20 Feb 9 min

Panarottis Riverside Mall-wenners aangewys

Neala Dos Santos, Mila Oosthuizen en Mason Eisen was die wenners van die Panarottis Riverside Mall-kompetisie en is gekies as die nuwe stemme van die restaurant se advertensies op 100.5FM. Hulle wen Pizza-partytjies vir 'n groep maats en elke deelnemer aan die kompetisie word beloon met 'n geskenkbewys van Panarottis…
19 Feb 6 min

Onderverdeel landbougrond so

Boet Notnagel van Harcourts en Jandrie du Preez van Indurain Town Planners verduidelik die onderverdeling van landbougrond.
18 Feb 18 min