
PM berig oor die Nasionale Wolkwekersvereniging wat kommunale boere oplei
Loading player...
Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) van Suid-Afrika, is bekend vir die goeie opheffingswerk wat hulle doen onder opkomende- en kommunale boere. In samewerking met Agri Seta, het hulle onlangs begin met ‘n projek om 150 kommunale boere op te lei in aspekte soos die basiese beginsels van veeveebestuur, hantering en beskerming van diere, versorging van diere gedurende lamtyd, asook hoe om roofdiere te beheer en afskrikmetodes vir laasgenoemde.