
Prof. Frikkie Maré gesels vandag oor die reaksie oor speenkalfpryse se skielike daling
Loading player...
Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die reaksie oor die huidige speenkalfpryse wat drasties gedaal het, maar selfs stygings getoon het in ander dele. Die huidige ekonomiese krisis veroorsaak dat verbruikers nie duur vleis kan bekostig nie, en dit beteken noodwendig dat pryse sal daal. Die huidige lae pryse van speenkalwers en die verskille tussen voerkrale is opmerklik en toon dat die mark deur vraag en aanbod beheer word.