
PM berig oor Angora-veilings by die oudste stoeterye in die wêreld
Loading player...
Geskiedenis is onlangs gemaak toe die vier oudste stoeterye ter wêreld ‘n veiling vir angoras aangebied het by Wheatlands farm in die Graaff-Reinet distrik. Die vier stoeterye se ontstaandatums wissel van 1 849 tot 1 897. ‘n Bedrag van R80 000 was die prys wat vir die duurste ram betaal is. Die Eerste Minister van Lesotho het die veiling bygewoon en die meeste ramme gekoop.