Afrika - die Moeder kontinent?

Loading player...
Afrika kry soms die bynaam "Moeder kontinent" omdat dit die oudste bewoonde kontinent op aarde is volgens navorsing. Die span KLETS vandag saam François Conradie, 'n politieke ekonoom verbonde aan Oxford Economics Africa. François spesialiseer in landrisiko in Afrika rakende; politiek, konflik, staatsfinansies, belegging, beleid en handel.

Ons vind uit hoe Afrika in mekaar steek en wat die invloed van wat in die noorde gebeur op die suide van Afrika het en sal hê. Verder gesels François ook oor BRICS en die moontlike BRICS geldeenheid en hoekom leer ons nie uit die foute van Afrika.
24 May 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min