Die Jol, die Blom en die Advertensie!

Loading player...
Dis Vrydag en die span KLETS met Tanya Michelle oor waar is die JOL in Suid-Afrika. Ons val met die deur in die huis oor die Budweiser advertensie en hoekom advertensies so "woke", lomp en oninteressant geraak het. Suid-Afrikaners verteenwoordig en wen eerste prys by die Chelsea-skou in Londen, Engeland met hul “Blackjack” agapant. En wil jy jou besigheid se dienste of produkte bemark? Stuur vir ons ‘n epos na adverteer@afrikaans.radio.
26 May 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n…
11 Jun 55 min

Wit Broodjies in die Withuis en Wyn in Die Kaap

Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika. Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde…
4 Jun 45 min

Wat gaan aan in die psige van ’n ma soos Kelly?

In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het. Joslin is nog nie gevind nie. Maar…
21 May 50 min

Tassies gepak, loadshedding terug en Colene het nou "rizz"!

In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug). Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg,…
14 May 58 min