
Prof. Frikkie Maré gesels vandag oor die repo-uitleenkoers wat weer met 50 basispunte verhoog is
Loading player...
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, gesels oor die repo-uitleenkoers wat met 50 basispunte verhoog is. Prysgewys is die landbou onder groter druk en die rentekoerse is die hoogste wat dit in die afgelope 14 jaar was. Dit help om die inflasiesyfer effens in toom te hou. Die voorspelling is dat rentekoerse vir ten minste die volgende twee jaar hoog gaan bly en dat dit verdere druk op die publiek gaan plaas om versigtig te wees vir onnodige skuld aangaan.