ISAF help gesinne met spesiale behoeftes hierdie winter

Loading player...
Behandeling en onderrig vir kinders met spesiale behoeftes kan gesinne se finansies onder druk sit, en daarom is Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) op soek na warm klere en komberse om hulle hierdie winter te ondersteun.
Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, ‘n nie-winsgewende organisasie ter ondersteuning van gesinne met kinders met spesiale behoeftes, vertel vir Ludi en Mireille hulle benodig ook opvoedkundige speelgoed.
Alle donasies kan by die 100.5FM-ateljee in Sonpark afgegee word.
31 May 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min