Henry Davids terug vir Witrivier krieketweek die skoolvakansie

Loading player...
Honderde jong krieket- en hokkiespelers sak tydens die opkomende Junie-skoolvakansie toe op Witrivier wanneer Laerskool Witrivier hul jaarlikse krieket- en hokkieweke aanbied.
Iaan Jacobs en Jenny Schoeman vertel vir Ludi en Mireille dit help afrigters om hul spankeuses te finaliseer, maar top-gehalte afrigting vorm die kern van die sportfees.
Ryan Maron van die Cricket School of Excellence sowel as die voormalige Proteaspeler, Henry Davids, sal van die afrigting behartig.
8 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min