Lekker Bekker

Loading player...
Vandag op KLETS gesels Matthys met Amore Bekker. Die mees bekendste stem op Afrikaanse radio van die afgelope 20 jaar. Amore vertel hoe sy vreesloos lewe, wat haar verveel en haar gunsteling kos. Ons gesels oor Afrikaans, sterretekens en haar sê-ding “ek voel dit in my water”. Ook op KLETS vertel Tanya Michelle vir ons Waar is die JOL die naweek.
9 Jun 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min

Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal

Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos…
3 Sep 59 min

Sport, politiek en die narratief van onderdrukking

In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie. Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n…
20 Aug 1 hr 03 min

Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde…
13 Aug 55 min