Wat skryf jy in die sand

Loading player...
Johannes 8:1-11
maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan. Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?” Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.” Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
2 Jun 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Die Reformasie / Hervorming

Braam Klopper, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag oor die tema: Die Reformasie / Hervorming
14 Nov 19 min

Sigbare tekens van geloof

Braam Klopper, Michelle van Tonder en Sebastiaan van Dyk gesels vandag oor die tema: die lewe van Gideon en sigbare tekens van geloof.
7 Nov 21 min

Ps 127: Work Sleep Family

In today's episode of Searching the Scriptures, Braam Klopper, Theo Groeneveld and Stewart Gordon discusses Psalm 127: Work Sleep Family
31 Oct 21 min

Ps 119 and the Great Commission

In today's episode of Searching the Scriptures, Braam Klopper, Stewart Gordon and Theo Groeneveld discusses the theme of Ps 119 and the Great Commission
24 Oct 20 min