
PM berig oor ‘n suiwelmaatskappy wat deure open in wêreldmarkte
Loading player...
Sundale Schreiber se eerste besending suiwel uit die Coega-hawe is ‘n massiewe groeigeleentheid vir die melkvoorsieningsketting in Suid-Afrika. Meer as 2000 ton kaaskywe sal die hawe oor die volgende 15 maande verlaat. Die uitvoerooreenkoms open daarmee deure na wêreldwye handel van Suid-Afrikaanse suiwelprodukte, wat as een van die mededingendste ter wêreld beskou word.