Pumas deur na Curriebeker halfeindronde

Loading player...
Na dramatiese rugbyaksie die naweek is dit die Toyota Cheetahs wat na afloop van die 14 rondomtalie-rondes bo-aan die Curriebeker punteleer lê. Na die Cell C Haaie se 5-44 nederlaag teen die DHL WP eindig hulle tweede. Die Airlink Pumas, die verdedigende kampioene, het die Windhoek Draught Griekwas Vrydag in Kimberley met 27-17 afgeransel om derde te eindig. Die Vodacom Bulle kon twee bonuspunte red in hul 27-31 nederlaag in Pretoria teen die Cheetahs en is vierde.
Die Pumas reis die naweek na Durban. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse, en Marius van Rensburg, kuier in die ateljee.
12 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min