Kielie die lagspiere met 'Van die rak af' en 'Reünie'

Loading player...
Amrei Wolff is eintlik Duits en haar tweede taal is Engels, so om vanjaar vir 100.5FM 'n Innibos-feesvlinder te wees is vir haar vars blootstelling aan Afrikaanse kultuur.
Sy het haar gelukkig so uitstekend van haar taak gekwyt as feesvlinder tydens die In jou Huis-konsertreeks wat Innibos die afgelope jare aangebied het in die afwesigheid van die volwaardige fees, dat luisteraars verseker kan wees dat hulle in uitsonderlik goeie hande is. Sy gesels met Amanda oor twee produksies wat sy tydens die fees gaan resenseer.
16 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min