
Dr. Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat hierdie week skerp gestyg het. Beide wit- en geelmielie se Juliespotpryse het hierdie week skerp gestyg. Sojaboon spotpryse het week-op-week ook gestyg. Weerstoestande in die VSA oefen tans die grootste druk op die goeie pryse uit. Sonneblomspotpryse het ook gestyg hierdie week, sowel as koringpryse. Katoenpryse het egter gedaal.