
Bekende Witrivier-man sedert Saterdagaand vermis
Loading player...
'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, het twee tieners wat gister gaan stap het, bevestig hulle het hom gesien. Macaulay sê dit pas in die tydlyn en dit is die hoofleidraad wat vanoggend opgevolg sal word.