
Dr. Johnny van der Merwe, 'n landbou-ekonoom, gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het stabiel gebly hierdie week en Van der Merwe voorspel dat rentekoerse nie nou binnekort behoort te styg nie. Hierdie week het speenkalfpryse effens gestabiliseer en behoort binnekort weer te begin styg. Stoorlammerpryse het gestyg. Pyse behoort in die volgende drie weke nog te styg maar behoort weer te daal in Augustus. Wolpryse het effens gestyg as gevolg van laer aanbod.