Dok Hattingh veilig terug na trekker-tog

Loading player...
Een man het op een Mahindra-trekker vir twee weke deur vyf provinsies ger yen Saterdag veilig terug in Witrivier arriveer. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is tevrede met die R250 000 wat hulle oor die 2 500 km kon insamel. Dit sal drie groot operasies wat kinders benodig befonds. Hy sê vir Sonop Ontbyt dit wat koud maar die ondersteuning langs die pad en hul ontvangs in verskillende dorpe was oorweldigend.
17 Jul 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.
25 Aug 4 min

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.
25 Aug 10 min

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min