
PM gesels met Christopher Havenga, hoofbestuurder van die Boran Beestelersgenootskap
Loading player...
Die Boran Beestelersgenootskap het die afgelope naweek hul jaarlikse dinee en nasionale veiling by Afridome, buite Parys gehou. Dit het ook saamgeval met die 20ste bestaansjaar en vieringe van die genootskap. Christopher Havenga, hoofbestuurder van die genootskap, vertel hoekom die ras so suksesvol is en hoekom daar so baie suksesvolle telers by die ras betrokke is. Hy deel ook enkele hoogtepunte van die afgelope 20 jaar.