
PM berig oor ‘n dame wat onlangs vereer is vir haar bydrae tot die suiwelbedryf
Loading player...
Suzy O’Regan, ‘n suiwelspesialis by Woolworths Food, is onlangs vereer vir haar uitsonderlike bydrae tot die suiwelbedryf. Sy is al meer as 20 jaar ‘n beoordelaar by die SA Suiwelkampioenskappe en is ook ‘n lid van die sogenaamde Super Jury van internasionaal-erkende kundiges by die Wêreldkaastoekennings. Slegs nege individue is die afgelope 31 jaar op hierdie wyse vereer as gevolg van die vereistes vir nominasies wat baie hoog is.