
PM berig oor die wereld se grootste renosterplaas wat onlangs opgeveil is
Loading player...
Die bekende wild- en renosterbewaarder, John Hume, het onlangs sy renosterplaas van meer as 21 000 hektaar onder die hamer gesit, maar die plaas met meer as 2 000 witrenosters, het geen bod opgelewer nie. Die plaas se renosterkudde maak meer as 12% van die wêreld se witrenosterbevolking uit. Hume se plan was aanvanklik om ‘n teelplaas te skep waar die horings veilig van ‘n lewende renoster afgesaag kon word en op die oop mark verkoop kon word.