
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het steeds sterk gebly hierdie week en Van der Merwe voorspel dat rentekoerse veral in Europa onveranderd kan bly. Hierdie week het speenkalfpryse effens gestyg, maar behoort binnekort weer bietjie te begin styg. Stoorlammerpryse het huidige vlakke gehandhaaf. Pyse behoort in die volgende weke afwaarts te neig.