
PM berig oor Melk SA wat onlangs hul 20ste bestaansjaar gevier het
Loading player...
Die georganiseerde landboubedryfsorganisasie, Melk SA het onlangs hul 20ste bestaansjaar gevier. Die organisasie is in Desember 2002 gestig weens die behoefte aan ondersteuning aan die bedryf. Die blootstelling wat die organisasie aan sy lede gebied het oor die laaste 20 jaar, sluit onder andere ook in navorsing op ‘n wye gebied, asook opleiding aan sy lede, nuwe toetreders en opkomende boere.