
PM het onlangs Agri Wes-Kaap se jaarkongres bygewoon en met die president van die organisasie gesels
Loading player...
Villiers Laubscher, ‘n produsent van Philidelphia naby Malmesbury in die Wes-Kaap, is ook die president van Agri Wes-Kaap. Tydens die organisasie se onlangse jaarkongres, het hy vertel van die organisasie se goeie verhoudinge met die provinsiale regering. Die organisasie is ook vereer met ‘n spesiale oorkonde wat deur die regering aan hulle oorhandig is vir volgehoue goeie werk om plaaslike en landelike gemeenskappe op te hef.