Deaf Friendly Erediens - 03 September 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 4)

Loading player...
LW: Hierdie diens was Deaf Friendly. Terwyl Nadia preek, praat sy ook in gebare. Dit is die rede waarom dit anders as haar normale "preek-stem" klink.

Prediker: Nadia Muller
Teks: Matteus 18:1-5
Tema: KoningsKINDERS

In God se Koninkryk is alles anders as in die wêreld. Die wêreld sê: “wees volwasse, verantwoordelik, ernstig…” Jesus sê: “word soos kinders..”

Wêreldse sukses meet ons aan wie die meeste geld het, wie die grootste verhoging kry en wie die kompetisie wen.

“Koninkryk sukses” word gemeet aan wie die lewe soos ‘n kind kan GENIET en opnuut ervaar wat dit beteken om ‘n geliefde kind van God te wees.
3 Sep 2023 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 9 (Kinderdiens - 12 April 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Vol van Christus TEKS: Ef. 1:22-23 Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid. Wat beteken dit? Hoe lyk ons…
12 Apr 34 min

Opstandingsondag - 05 April 2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
5 Apr 21 min

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min