
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het aansienlik verswak teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag en onsekere ekonomiese toestande is van die belangrikste oorsake hiervan. Die konflik in Israel speel ook ‘n rol. Hierdie week het speenkalfpryse teen die verwagting in gedaal. Meer diere is egter in die mark. Stoorlammerpryse het gedaal. Pyse behoort tot middel November te daal.