Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend

Loading player...
Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant om die boodskap van Omgee te versprei dwars deur die Vrystaat. Omgie is Engo se amptelike “mascot” en ambassadeur by skole en sy droom is om vir ander te wys hy gee om. Die Engo Omgie Sivviedag sal vanjaar plaasvind op Vrydag, 27 Oktober 2023, in die vorm van ‘n spesiale “sivviedag” ten bate van Engo. De Wet Claassen gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die besonderse dag so wel as 'n liedjie wat hulle vir die dag laat skryf het.

Volgens De Wet Claassen, Hoof Uitvoerende Direkteur van Engo Vrystaat het die droom vir 'n liedjie begin met hul Omgie dag waar hulle jaarliks met Omgie dag skole besoek om die boodskap vir kinders te gee oor Omgee. Hulle het gevoel “iets” kort en het toe met Cezanne Yzelle en Jacobus Silwer gesels en vertel dat hulle Engo se hart op ‘n lekker pret manier wil oordra met ‘n liedjie. Soos jy sal hoor het Cezanne en Jacobus ENGO se verwagtinge oortref met hierdie spesiale liedjie – Kyk na die Here.

Die woorde en wysie is van so aard dat mens nie anders kan as om net te wil saam dans nie….oud en jonk. Daar is ook ‘n lekker dans wat ENGO kinders gaan leer tydens Vrydag se Omgie Dag. Die beplanning is dat die liedjie in Sotho ook gedoen word. Die musiekvideo is nog in produksie.
Alle opbrengste van die liedjie gaan aan Engo om die werk wat hule in die Vrystaat doen te bevorder.
Die liedjie sal beskikbaar wees op alle aanlyn platforms vanaf die 30ste Oktober af.​
24 Oct 2023 5AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Best of Bloemfontein – Bloemfontein Courant Readers' Choice Awards 2026 Results

Producer Cat van der Merwe checks in with Sazly Moses from Bloemfontein Courant, about the 2026 Best of Bloemfontein – Bloemfontein Courant Readers' Choice Awards 2026 Results Sazly shares with us the detail on how many businesses participated, and more impressively, the total votes that came in this year. You…
9 Oct 8AM 3 min

Groep hoof finansiele beampte NWK: Alf White

Ashmund Martin gesels met Alf White, Groep hoof finansiele beampte by NWK. Hul gesels oor die projek: Ysters vir Landbou, en hoekom dit so na aan NWK se hart lê. Hul kyk na wat die projek reeds bereik het, en gesels ook oor wat NWK se visie en droom is…
9 Oct 4AM 5 min

Tweede jaar van die Breast Buddies Challenge op 17 Oktober in Bloemfontein

The Local Choice Pharmacy Towers in Langenhovenpark gaan op 17 Oktober (vanaf 09:00 tot 12:00) hul jaarlikse Breast Buddies Challenge hou om fondse in te samel vir borskankerbewusmaking ten bate van Hospice Bloemfontein. RW Odendaal sluit by Yolanda Maartens aan om jou te nooi om saam te kom trap vir…
7 Oct 6AM 3 min

Oupa's Butchery Kathu: Delarey Lemmer

Yolanda Maartens en Delarey Lemmer, mede-eienaar van Oupa's Butchery in Kathu, gesels lekker oor wat daardie een ding is van hul slaghuis wat mense moet onthou, wat hul vleis, produkte en diens anders maak as die res, en wat hul visie is vir die pad voorentoe.
28 Sep 3AM 5 min