
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk teenoor die dollar. Die konflik in Israel het steeds ‘n invloed op die olieprys. Hierdie week het speenkalfpryse gestyg. Stoorlammerpryse het ook weer gestyg. Laer pyse vir November en Desember word steeds voorspel. Wolpryse het effens gestyg in die week.