Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Loading player...
Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van 169 tot 8-duisend-442 vanjaar en die aanbieding van drie akademiese kwalifikasies tot 65 tans. Tlangelani Ubisi gesels met Sonop Ontbyt.
3 Nov 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Die moets en moenies vir Eisteddfod

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
21 Aug 11 min

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min