Kleinsake Ekspo wil ondernemings na volgende vlak neem

Loading player...
Janine De Bruno Austin is 'n ou Laevelder wat onlangs weer haar intrek geneem het en sy is vol planne om klein ondernemings, wat dalk nog nie eens 'n besigheid is nie maar eerder 'n stokperdjie, na die volgende vlak te neem. Sy sê vir die Verkas-span dat baie mense wat net naweke by plaaslike markte uitstal, eintlik volwaardige nywerhede kan word weens die aard van hul produkte.
14 Nov 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min

Byeterapie: Chroniese gesondheid is moontlik

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
10 Jun 17 min

Lefpa verwag bedrywige brandseisoen

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
9 Jun 12 min