Dricus du Plessis-geveg: Wat dink die boksafrigter?

Loading player...
'n Reuse-stryd wag die naweek op die Suid-Afrikaanse gemengde vegkunsster Dricus du Plessis. Hy kom Sondagoggend 5-uur, Suid-Afrikaanse tyd, in Toronto, Kanada, te staan teen Sean Strickland om die UFC-middelgewig-kampioenskapstitel. Dit is Du Plessis se eerste titelgeveg in die UFC en boonop teen die gevaarlike Amerikaner, wat die verdedigende kampioen is. Lawrence Baird van Nelspruit Boxing Club gesels met Sonop Ontbyt oor sy voorbereiding en strategie.
19 Jan 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Gholfdag ten bate van Liznica

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.
23 Apr 8 min

Winkel verwoes in brand in Onder Sabie

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza,…
21 Apr 6 min