Val-in-die-tuin Dag!

Loading player...
Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin!

As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens.

Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans.Radio beskikbaar is.

Ons deel in die komiese avonture van Juju en sy party lede terwyl hulle worstel om hul snot te hou, en Colene probeer om minder te vloek terwyl sy die mag van liefde en vriendelikheid omarm. Mag Cupido se pyl almal se harte tref, behalwe die ANC se harte. #VoetsekANC
14 Feb 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min