
MJ Zwane Independent Schools-atletiekbyeenkoms
Loading player...
MJ Zwane was 'n jong atleet by Uplands wat in 2019 onderweg na 'n byeenkoms in 'n motorongeluk oorlede is. Die skool het besluit om hul jaarlikse byeenkoms vir privaatskole na hom te vernoem. Hilton Kotze van Chas Everitt, die hoofborg, het saam met Ryan McCarthy, die sporthoof by Uplands Preparatory en Dylan Badenhorst, die skool se sportadministrateur, meer kom vertel oor die byeenkoms wat Saterdag plaasvind.