Pappa Chef wen brons by Kulinêre Olimpiese Spele

Loading player...
Pieter Malan, 'n Laeveldse chef en oud-omroeper by Radio Laeveld, het brons gewen by die gesogte IKA Kulinêre Olimpiese Spele wat onlangs in Stuttgart, Duitsland plaasgevind het. Hy werk tans in Ghana en is op besoek aan Suid-Afrika waar sy jong gesin nog woon. Hy kuier by Skedaddle.
23 Feb 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer.
20 Feb 9 min

Panarottis Riverside Mall-wenners aangewys

Neala Dos Santos, Mila Oosthuizen en Mason Eisen was die wenners van die Panarottis Riverside Mall-kompetisie en is gekies as die nuwe stemme van die restaurant se advertensies op 100.5FM. Hulle wen Pizza-partytjies vir 'n groep maats en elke deelnemer aan die kompetisie word beloon met 'n geskenkbewys van Panarottis…
19 Feb 6 min

Onderverdeel landbougrond so

Boet Notnagel van Harcourts en Jandrie du Preez van Indurain Town Planners verduidelik die onderverdeling van landbougrond.
18 Feb 18 min