
Lizanne Barnard maak weer musiek van jou gedigte
Loading player...
Na die sukses van Kuns Inni Liedjiebos by Innibos verlede jaar het die komponis, Lizanne Barnard, besluit om dit 'n langtermynprojek te maak. Sy versoek oorspronklike gedigte van die publiek wat sy in liedere sal omskep en een keer 'n maand opvoer by 'n digterlike aand.