Wat's Nuus, Hoerkind?

Loading player...
In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing.

Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado's koop.

Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of dit wat dink hul is een van die twee, almal is welkom. En in die polisiekantore, ons praat oor die behoefte aan mooi "Cox", maar dalk nie waar jy dit sou verwag nie maar Louis Liebenberg sal jou vertel waar kry jy die "hoerkinders" van Suid-Afrika.
24 Apr 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min