Erediens - 05 Mei 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Johannes 4
Tema: Wie ek is

Not because of who I am
But because of what you've done
Not because of what I've done
But because of who you are

Dít is die woorde “Who am I” van Casting Crowns. Nadia praat in hierdie opname oor wie ons in Jesus is. Ons wil uitkom by die punt waar ons kan sê dat ons DOEN op grond van wie Jesus IS, en ons IS (ons wese) is te danke aan wat Hy gedoen het, en tot vandag toe doen. Om hierdie te oordink kyk ons na die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put.
5 May 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 9 (Kinderdiens - 12 April 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Vol van Christus TEKS: Ef. 1:22-23 Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid. Wat beteken dit? Hoe lyk ons…
12 Apr 34 min

Opstandingsondag - 05 April 2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
5 Apr 21 min

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min