Kyk Op! ‘n Nag van Aurora’s en Sterre met Prof David Block

Loading player...
Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”.

So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou, Prof David Block oor die merkwaardige en rare verskynsel– die Aurora’s, wat op die 10de en 11de Mei gesien is van Gansbaai tot by Etosha.

Prof Block verduidelik vir ons die wetenskap agter die ligte skouspel. Buiten wetenskaplike geselsies, deel Prof Block sy aansteeklike passie vir alles wat magies is in die lewe.

Ons bring ook ’n ode aan ons geliefde moeders. En… Baby Reindeer… want ons kan nie help nie! Dankie vir al die kommentaar en besoek Prof Block se webtuiste.
15 May 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min