Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek

Loading player...
Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met ’n loopbaan wat beide sy sendingswerk en sy diens op Mercy Ships insluit. Mercy Ships is ’n organisasie wat mediese sorg aan die armste gemeenskappe in die wêreld verskaf deur middel van ’n hospitaalskip. Dr. Tertius vertel ons van sy ongelooflike reise, die uitdagings wat hy oorkom het, en die vervullende oomblikke wat hy ervaar het terwyl hy hoop en genesing bring aan dié wat dit die meeste nodig het. Sy werk is nie net ’n beroep nie, maar ’n ware roeping.

Vir meer inligting oor Dr. Tertius se werk en sy organisasie, besoek gerus Mercy Ships en Tertius26 se webtuistes.

Verder mag Matthys nie oor die verkiesing praat nie, maar Colene het darem ingestem om ’n paar minute daaroor te gesels. Die span lees ook e-posse van luisteraars voor.

Dankie dat jy luister, en onthou om jou e-posse en wyn aan te stuur! Bly warm.
12 Jun 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min