Erediens - 16 Junie 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Markus (Verskeie)
Tema: Die Jaar van Jesus:
Swaarkry en lyding

Swaarkry en seerkry is onlosmaaklik deel van die lewe, en gaan dikwels gepaard met 'n bitter smaak in die mond en 'n oorvloed van
"hoekom?" vrae. Deur Markus se oë gaan ons na Jesus se lewe en lyding kyk - 'n lyding wat lank voor die kruis reeds begin het.
Ons hoop lê nie net in 'n God wat 'n kitsoplossing bied vir al ons probleme nie, maar in 'n God wat die chaos en pyn van die menswees werklik verstaan en binne ons seer teenwoordig is.
16 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike…
1 Feb 27 min

Kinderdiens - 25 Januarie 2026

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 3:13-19 Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú? Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel…
25 Jan 24 min

Erediens - 18 Januarie 2026

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Waardes vir die kerk én die lewe Eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid is ons gemeente se waardes. Dit vind duidelik neerslag in hoe ons gemeente-dinge doen, maar wat as hierdie waardes ook in jou lewe by die huis en werk as rigtinggewers dien? Het…
18 Jan 41 min

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef…
26 Oct 2025 32 min

Erediens - 12 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God…
12 Oct 2025 37 min