Jane Sithole teiken werkskepping deur gemak van sake doen te verbeter

Loading player...
Jane Sithole, die leier van die DA in Mpumalanga, is Sondagaand as adjunkminister van Kleinsake-ontwikkeling in president Cyril Ramaphosa se kabinet aangewys. Sy sê hoewel entrepreneurs ‘n magdom uitdagings in die gesig staar, is een van die belangrikste kwessies om struikelblokke uit hul weg te ruim. Sy sê se sien daarna uit om saam met ander departemente te werk om die gemak van sake doen te verbeter om werkskepping te ondersteun.
2 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min