Politieke Sepie Sonder Colene: Matthys en Piet Croukamp Praat RNE

Loading player...
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie.

Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons in die volgende vyf jaar kan verwag. Sal die RNE werklik verandering bring, of gaan ons meer van dieselfde sien?

Daarbenewens kyk ons na die jongste sosiale media storm wat figure soos John, Angie en Pieter Groenewald insluit. Ons Suid-Afrikaners is mos maar vinnig met 'n grappie en 'n meme.

Verder bespreek Matthys ’n onlangse studie wat toon dat Suid-Afrikaners ‘meer gelukkiger’ geword het vanaf die verkiesing tot by die aankondiging van die nuwe regering.
3 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min