Huismark Tips en Durban July Glitz

Loading player...
Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End. In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark. Ons dek die moets en moenies van huiskoop en -verkoop, en bespreek of jy uie moet braai of brood moet bak voor potensiële kopers kom kyk na jou huis.

Juju maak ’n stylvolle verskyning by die Durban July met ’n pak en duur skoene, terwyl Gayton op ’n missie is en selfs vir Mama Joy wegjaag. Die Iere is nie te bly nie nadat die Springbokke hulle ’n les geleer het op die rugbyveld, en nou het hulle besluit ons het visas nodig om vir hulle te gaan kuier.

Colene neem ons op ’n verbeeldingsreis deur onbekende dorpies waar jy hierdie Desember kan gaan vakansie hou.

Bly warm en bederf jouself met 'n Rainbow’s End rooi!
10 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min