Drie brande woed voort in Laeveld te midde van baie hoë brandgevaar

Loading player...
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg steeds drie uitdagende brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is hulle in die Bosbokrand-, Kaapsehoop- en Machadodorp-areas. Hy sê dit word aangedryf deur die wind te midde van warm, droë toestande met die bandgevaar-indeks wat vandag “baie gevaarlik” is. Sewe helikopters en vier vastevlerk-vliegtuie sowel as verkenningsvliegtuie word ingespan. Scheepers sê hulle verwag nie verligting tot ten minste volgende naweek nie. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473. OUDIO
12 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min