Olimpiese Karen en Trump se Drama

Loading player...
Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie!

Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen lyk. Het iemand dalk inspirasie gekry van hul buurvrou?

En Trump? Hy “oor”-leef ’n sluipmoordpoging, of is daar dalk ’n konkelspel aan die gang?

Die GNU skop hul eerste parlementêre sitting af op 18 Julie. Wat het MK in hul mou, en wat kan ons verwag van hierdie eerste sessie? Kom luister saam en kry die inside scoop!
17 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min