Kilimanjaro, Karoo Vere, en Kontroversie

Loading player...
Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine sing haar hart uit, maar los die mince-manne ontevrede. Tatiana draai ons piek veer pronk in solide goud in!

Matthys het met Marlien Cronje en Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children gesels oor hul opwindende projek, Climb 2 Care. Hierdie twee dinamiese vroue gaan saam met Remy Koos Mount Kilimanjaro aandurf in Oktober 2024 om bewustheid te skep en fondse in te samel vir die Dynamic Women for Children projek in Pretoria. Hulle deel hul inspirerende stories en voorbereidings vir hierdie groot avontuur.

Verder gesels ons oor die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking – weet ons werklik hoeveel mense hier bly? En wat is aan die gang met die EFF se onlangse uitlatings? Dit lyk of hulle reg is vir ’n goeie "Boere Moer".
31 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min