Die "Friendly Satanis" en Franse Baguettes

Loading player...
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld.

Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waar ’n tent profeet ’n laerskool bestorm met ’n machete – ’n gebeurtenis wat beslis kerkleiers en hul gedrag weer onder die vergrootglas bring .

En, moenie dat jou penis jou drome verwoes nie – strap that thing in! Ons kyk na die Franse Olimpiese span wat meer aandag trek vir die baguettes in hul broeke as hul Olimpiese medaljes of die tekort daaraan. En is Gayton eintlik Mama Joy in drag?
7 Aug 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min