Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance

Loading player...
In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development).

Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg, en wat ’n dag in die lewe van ’n olifant-versorger behels. Spoiler alert: dit behels baie meer as net groot drolle en nóg groter porsies kos!

Dan draai ons na iets net so groot — werkloosheid. Dit lê die land en die ekonomie lam en die het dalk nou die RNE (Regering van Nasionale Eenheid) se knieë. National eenheid is aan die oorhand van die dag maar as die DA net kan ophou om soos ’n arrogante kind op te tree, speel hulle dalk nie so lekker in die ANC se hande soos tans nie.

Maar wag, daar is goeie nuus! Ons Olimpiese helde is terug, blink met ses medaljes om hul nekke. Tyd om bietjie trots te wees en dalk ’n les of twee by hulle te leer — maar beslis nie van die Australiese breakdancer nie! Dít is een les wat ons veilig kan los.
14 Aug 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min