Dis Heerlike Lente: Carin van Heerden gee raad oor Trends en Kleure

Loading player...
In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen.

Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux kleure. Of jy nou ’n volledige herontwerp beplan of net ’n paar opdaterings wil maak, hierdie episode is propvol kreatiewe idees en praktiese raad.

Ons kyk na die Springbokke se oorwinning teen Nieu-Seeland, en hoe die Haka nie kon keer dat die Bokke hulle wenspreeu voortsit nie. Ons bespreek ook die verlowing van een van Zuma se dogters aan koning Mswati III, en hoe sy sekerlik in weelde sal leef, in teenstelling met baie van die inwoners van sy koninkryk wat op R 34.00 per dag moet oorleef.

Ons sluit die episode af met die grusame storie van ’n langafstand-Olimpiese atleet wat nou in die hospitaal is ná ernstige brandwonde, en vra die vraag of die mensdom ooit in vrede sal kan saamleef, ondanks kultuurverskille.

Kontak besonderhede vir Carne Interiors:

• Website: www.carneinteriors.co.za
• E-pos: admin@carneinteriors.co.za
• Tel: 012 348 0869
4 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min