Erediens - 01 September 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Matteus 26:36-46
Tema: Die jaar van Jesus: Pyn

Ons sien ’n dokter, drink ’n pil, ondergaan ’n operasie, of gaan vir fisioterapie – enigiets om fisiese pyn te vermy, te voorkom of te oorkom.

En dan probeer ons dieselfde met emosionele pyn, maar ons besef gou dat die statistieke oor verslawing en depressie so skrikwekkend is omdat emosionele pyn nie so maklik geïgnoreer of vermy kan word nie. Jesus leer ons om eerlik in ons pyn voor God te wees, ons begeertes aan Hom bekend te maak, en Hom dan te vertrou dat pyn ook ’n goeie doel kan dien.

Kyk asb. die video wanneer Nadia in die opname daarna verwys - VIDEO: https://youtu.be/YNCoU2FsrX8?si=7KkmXr3sMWcCHFh8
1 Sep 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike…
1 Feb 27 min

Kinderdiens - 25 Januarie 2026

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 3:13-19 Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú? Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel…
25 Jan 24 min

Erediens - 18 Januarie 2026

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Waardes vir die kerk én die lewe Eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid is ons gemeente se waardes. Dit vind duidelik neerslag in hoe ons gemeente-dinge doen, maar wat as hierdie waardes ook in jou lewe by die huis en werk as rigtinggewers dien? Het…
18 Jan 41 min

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef…
26 Oct 2025 32 min

Erediens - 12 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God…
12 Oct 2025 37 min